We created a memorial to celebrate the life of Patricia Laurie Van Tonder . Collecting your stories and memories here will offer us great comfort. Click on the heart to let us know you were here and to receive email updates. Thank you for contributing to this lasting memorial.
OBITUARY
There was magic in Pat's touch, and sunshine in her smile. There was love in everything she did to make our lives worthwhile. She was the life of the party and loved everyone. A wife who adored her husband.A mother that loved her children ubundantly.A grandmother who would've swam oceans for her grandchildren.
My oumie, en so is dit n volle jaar more. Ek sit alweer en tjank my oë uit soos ek en ouma het op enige liefdes fliek of hartseer storie. Maar ek onthou ouma nie as ń hartseer storie nie. Ek onthou ouma soos die vrou wat ouma was...liefdevol, gasvry,... moreMy oumie, en so is dit n volle jaar more. Ek sit alweer en tjank my oë uit soos ek en ouma het op enige liefdes fliek of hartseer storie. Maar ek onthou ouma nie as ń hartseer storie nie. Ek onthou ouma soos die vrou wat ouma was...liefdevol, gasvry, passievol oor mense en liewe Jesus en net bubbly. Ek mis vandag en elke dag die laaste jaar elke aspek van ouma. Ek mis ouma met ń krag wat ek nie kan verduidelik of in woorde sit nie. My hart pyn die laaste week meer as wat ek gedink het dit sal. Almal sê dit raak makliker maar dit doen nie. Met elke myl paal wat ek bereik wil ek steeds ouma video call, met alles kleins of groots wat gebeur wil ek bel en met ouma gesels. Ouma het n groot leemte agter gelos waaroor ek nie vinnig sal kom nie. Ek mis ouma elke dag nog meer en meer en dit breuk my vandag beslis in stukkies.
Love you ouma....wens ek kon vandag een van ouma se drukkies voel. less
My liefste oums, ek miss ouma vandag weer ongelooflik baie...
My hart is bitter seer vandag en ek sukkel baie. Ouma is al amper 5 maande nie meer met ons nie....en nee dit sink nog nie in of is nog nie makliker nie...dit raak inteendeel moeiliker. Mamma... moreMy liefste oums, ek miss ouma vandag weer ongelooflik baie...
My hart is bitter seer vandag en ek sukkel baie. Ouma is al amper 5 maande nie meer met ons nie....en nee dit sink nog nie in of is nog nie makliker nie...dit raak inteendeel moeiliker. Mamma het Kaap toe getrek en antwoord nie meer haar foon nie....en ek kan al 5 maande nie meer die foon optel en ouma bel. Dis 5 maande wat ons nie mekaar kon sien, praat of net whatsapp nie....dis officially DIE lankste wat ek en ouma nie met mekaar gepraat het nie...vrekkkkkit die eerste twee weke merk was al die langste. Ek miss ouma se lag ook die meeste...ouma kon so lekker uit ouma se maag uit lag saam my en ek miss dit elke dag....
Oupa miss ouma ook vrek baie...ek kan dit hoor en agterkom as ons bel. Mamma hulle moes vir Patsy laat gaan om vir ouma te kom kuier....so ouma het nou tenminste ouma se 'naam genoot' by ouma se voete...
My oumie, ons vlieg binnekort Kaap toe. Oegh sou ek en ouma nou lekker sit en plannetjies maak van trou op die wyn plaas al is ek nie eens verloof nie. Ek miss ouma se oproepe elke liewe dag meer en meer. My hart sink elke week minstens so 5 keer as ek... moreMy oumie, ons vlieg binnekort Kaap toe. Oegh sou ek en ouma nou lekker sit en plannetjies maak van trou op die wyn plaas al is ek nie eens verloof nie. Ek miss ouma se oproepe elke liewe dag meer en meer. My hart sink elke week minstens so 5 keer as ek oor en oor besef ek kan ouma nie gou bel nie. Dit gaan goed met oups...hy lyk goed. Ek check hom kort kort op moenie worry nie, rooi lippies sal nie naby hom kom nie (soos ek ouma altyd belowe het). Tannie Chritine het n knieg operasie gekry, ek loer ook kort kort in met n boodskappie en maak seker sy is okey. En mamma trek Kaap toe vandag, ek weet ouma sou nou weer saam my gesit en tjank het oor hierdie hele storie en dan lag en skinder oor hoe hulle die Enzo perd daardie kant gaan kry hahaha. Hulle gaan die perde maar moet uit-knock vir die hele situasie ai shame...
Maar anyway, ek miss ouma nou n bietjie teveel nou al....gaan definitief n appeltjie met ouma skil as ek daar bo kom! My hierso los nie....net so....
My magtig mannn....ons beplan nog my 21st en ouma het al amper elke deeltjie reg en dan is ouma nie eers daar vir die eindproduk nie....
Ek is lief vir ouma. Soo so ongelooflik baie, n dag gaan nie verby wat ek ouma miss nie... less
My oumie, vanaand tref die realiteit my bitter seer. Ek miss ouma met alles binne in my en ek weet nie heeltemal hoe om met dit te deal nie. Ek is al die laaste twee jaar amper met covid gewoond daaraan om ouma elke tweede maand te sien maar ek het... moreMy oumie, vanaand tref die realiteit my bitter seer. Ek miss ouma met alles binne in my en ek weet nie heeltemal hoe om met dit te deal nie. Ek is al die laaste twee jaar amper met covid gewoond daaraan om ouma elke tweede maand te sien maar ek het geweet ek kon ouma elke dag bel. En ons het, ons het elke dag gebel of gewhatsapp. Dit breuk my elke dag as ek iets bereik of aan iets dink wat ouma sou like, en hoe ek wens ek ouma net gou kan bel en ouma n bietjie grief gee oor ouma se valsies of net klom snert te praat op my lunch break en ouma vertel hoe my kids in die klas droog maak. Ouma het altyd geluister en die beste raad gegee al was dit meeste van die tyd "man trek terug Pietersburg toe dan kom drink jy n Gin saam my".
Dankie vir alles wat ouma vir my gedoen het, ek wens ek het meer vir ouma gesê hoe baie ek ouma waardeer. Maar ek weet ouma weet dit nou.
Ek sukkel net om ouma te 'let go' ek miss ouma te vrieken veel.
Ek dank liewe Jesus elke dag dat ek ouma kon hê vir 20 jaar en 11 maande.
I miss you everyday Paty!!!
Vanaand sing ek ekstra hard Grassade vir ouma, jammer ek is so bietjie vals.
I love you oums, lekker doeks hoor xxxx Ouma se eerste klein dogter. Ouma se Mish xx less
My tooths. More is dit al een maand. Een maand waar ek ouma elke liewe dag miss. Een van die moeilikste maande van my lewe. Elke dag voel nog onwerklik. Die harsteer oproep 5 uur daardie oggend sal ek nooit vergeet nie. My hart breek elke dag oumie. Elke... moreMy tooths. More is dit al een maand. Een maand waar ek ouma elke liewe dag miss. Een van die moeilikste maande van my lewe. Elke dag voel nog onwerklik. Die harsteer oproep 5 uur daardie oggend sal ek nooit vergeet nie. My hart breek elke dag oumie. Elke dag wat ek oor en oor besef ek kan ouma nie bel nie, ouma nie sien nie, ouma nie n drukkie kan gee nie, ouma se stem nie weer sal hoor nie.
Dankie vir die mooi memories oumie. Die middernag swem sessies, coke floats in n bubble bath met kersies en klipharde musiek, die skelm Mcd's draai roomyse en klere koop, ons skinder stories en alles deel, ouma se drukkies kon enige iets fix, die sing sessies wat ons gehad het wat altyd opgeindig het in ons altwee wat huil snot en trane, ouma wat my elke oggend bel die laaste jaar op pad werk toe om seker te maak ek kom veilig en net te sê 'I love you". Dankie vir my resepte boek wat ouma vir my met die hand uit geskryf het...min weetend is die datum op die boekie 18 Augustus 2020 ...n jaar voor oumie se dood tot op die datum. Dankie vir al ouma se gebreide kombersies wat met soveel liefde gemaak is. Dankie vir al die kos wat ouma my matriek jaar vir my skool toe gebring het. Dankie dat ouma elke verjaarsdag meer opgewonde was as ek self. Dankie dat ouma die beste ouma was. Ek was so geseënd met n ouma soos wat ouma was. Ek miss ouma elke dag met my hele hart en siel. Ek sê elke dag dankie dat ek ouma kon video call daai dag in die hospitaal. Nie een van ons het geweet dit sal die heel laaste keer wees nie maar ouma kon nog n laaste keer sê dat ouma is lief vir my en ek vir ouma.
Ek wens dat ek ouma vir nog n rukkie kon hê.
Ek is so bitter lief vir ouma en miss ouma elke liewe dag.
-Ouma se blou oog, Mish. less
Ja Patrys, ek het die voorreg om onder 'n hardekool boom die briefie vir jou te skryf. Dit is op die oomblik my hemel, en al dink ek dit is lekker wil ek nie eers dink hoe lekker jou hemel is nie. Jy en Annie het mekaar al seker by die tyd al raakgeloop.... moreJa Patrys, ek het die voorreg om onder 'n hardekool boom die briefie vir jou te skryf. Dit is op die oomblik my hemel, en al dink ek dit is lekker wil ek nie eers dink hoe lekker jou hemel is nie. Jy en Annie het mekaar al seker by die tyd al raakgeloop. Wat 'n nice ontmoeting was dit seker nie gewees nie.
Het nog al die jare gedink ek sal so graag een naweek net met al my sussies wil alleen kuier. Maar nou gaan ek maar moet wag tot ons almal eendag saam in ons Vader se huis bymekaar gaan kom. Nogal iets wat ek na uitsien.
Dan wil ek weer vir jou dankie se dat jy my gehelp het om my eerste kar te koop. Sonder blik of bloos het jy vir my die R 600 inbetaal. Dit was baie geld gewees daai tyd. Ek het met die einste kar in my matriek jaar met my pêlle skelm Loftus toe gery van Tzaneen af. Na die wedstryd het ons ongelukkig die kar gestamp. Ek wonder hoekom. Jy het weer my bas gered en gereël dat hy sommer Maandag oggend by 'n paneel klopper in Pretoria herstel word. Twee uur daai selfde dag met "nat" verf en al weer terug Tzaneen toe gery.
Ai ek kan nog baie stories vertel maar kom ons hou hulle vir ons ontmoeting eendag, daar waar jy nou lekker rus.
Dankie vir 'n moeder wat ons geleer het om vir ons God lief te wees. Nie net om in Hom te glo nie.
Dankie my sussie vir al die goeie tye wat ons saam kon beleef.
Lekker kuier saam met Annie en ons sien jou eendag soos God dit sal behaag.
Liefde jou enigste broer less
Hey oumie !
Kan nie wag om oumie in die hemel te sien nie ! Met gesonde heupe gaan ons ons tekkies laat squeek op die dansvloer daar bo ! ❤️
-Nikolai Coetzee
Pat, my sus
Wish I could stop all the clocks and bring you back...
Mis al klaar jou wysheid... Jy was so geseend met vele talente. Dit wat jy v ander beteken het, mense wat jy by gestaan het met raad en daad, daar deur sal jy altyd onthou word! Dankie... morePat, my sus
Wish I could stop all the clocks and bring you back...
Mis al klaar jou wysheid... Jy was so geseend met vele talente. Dit wat jy v ander beteken het, mense wat jy by gestaan het met raad en daad, daar deur sal jy altyd onthou word! Dankie vir wie jy was, my mentor en steunpilaar in moeilike tye. Ek glo jy dans nou saam Anthea en die engele, weg van pyn, hartseer en siekte. 'See you on the other side'
Dit het God behaag en dit was Sy Wil om ons dierbare Pat, ons sus, vriendin en tannie na haar Ewige Tuiste te neem om in Sy Koningkryk te blom. Hierdie ou wêreld van ons is haar nie meer waardig nie, sy het haar plek op SY... moreMy Kosmos Blom sus Pat,
Dit het God behaag en dit was Sy Wil om ons dierbare Pat, ons sus, vriendin en tannie na haar Ewige Tuiste te neem om in Sy Koningkryk te blom. Hierdie ou wêreld van ons is haar nie meer waardig nie, sy het haar plek op SY Koninklike Troon gaan inneem.
Dankie Liewe Heer vir hierdie wonderlike onvergeetlike geskenk wat U in ons lewenspad laat instap het, en haar vir +- 38 jaar vir ons geleen het. Ons sou haar graag nog langer hier wou hê, maar dit is ongelukkig nie vir ons beskore nie.
Daar is so baie wat ek kan en wil sê maar dit gaan baie tyd en plek nodig hê, hoe beskryf jy so mooi vrou en mens kortliks?
Ek is jaloers op die Engele, sy gaan nou tussen hulle blom en ons wat agterbly gaan haar net in gedagtes en ons harte oorhou. Sy was een unieke mooi vrou en mens met die grootste hart, ‘n awesome veelkleurige Kosmos blommetjie. Vir haar was dit altyd ‘n moto van dit ‘kosmos niks’ om te gee en uit te deel of om lief te hê nie.
Woorde kan nie beskryf hoe sy my geliefde boetie asook my en my gesin se lewens altyd verryk het met haar reguit, eerlike en opregte manier nie. Sy het elkeen van ons op ‘n anderse en eie manier aangeraak en bekoor met haar hele menswees en soos net sy kon sien wie wat en wanneer iets nodig gehad het. Sy het altyd gevoel en geweet wanneer ek dalk die dag af was dan het ek net hierdie perfekte boodkappie gekry en vice versa. Daar was net daai ‘kliek’, nooit maar nog nooit enige slegte woorde met mekaar gehad nie, nooit maar nog nooit baklei nie, net altyd daar, geluister en gepraat.
Pat my sus, ons het al klaar ‘n baie groot gemis, verlange en enorme leemte in ons lewens. Ek probeer troos vind in die wete dat daar mooi goeie herhinneringe, foto’s en
jou ewige plek in ons harte is en bly waar niemand dit van ons kan wegvat nie en moet daaraan vasklou. My hart is in stukkies gebreek, geen pleister sal dit weer bymekaar kan bring nie, slegs God se Krag en Genade wat ons hierdeur sal dra en die wete dat as ek in die aand gaan opkyk na die Hemel daar altyd die grootste blinkste ster sal skitter en vir ons wink.
ON THE 18 th OF AUGUST 2021 MY PRECIOUS KIND AND STRONG SISTER PAT YOU WERE
GIVEN A NEW ETERNAL LIFE
FREE FROM PAIN AND WORRIES, FREE FROM HEARTACHE AND SICKNESS, GIVEN TOTAL
FREEDOM IN FATHER GOD PRESENCE SINGING AND
PRAISING AND WORSHIPPING ABBA FATHER... moreON THE 18 th OF AUGUST 2021 MY PRECIOUS KIND AND STRONG SISTER PAT YOU WERE
GIVEN A NEW ETERNAL LIFE
FREE FROM PAIN AND WORRIES, FREE FROM HEARTACHE AND SICKNESS, GIVEN TOTAL
FREEDOM IN FATHER GOD PRESENCE SINGING AND
PRAISING AND WORSHIPPING ABBA FATHER WITH ALL HIS ANGELS REJOICING WITH YOU
MY PRECIOUS SISTER
AND GOD OUR FATHER SAYING WELL DONE MY GOOD AND FAITHFUL SERVANT. WELCOME
TO YOUR NEW HOME FOR
ETERNITY.
PAT MY SUS MY HEART AS YOUR OLDEST SISTER IS BROKEN IN PIECES IT FEELS LIKE MY
HEART HAS BEEN RIPPED OUT OF
MY BODY AND I JUST CANT PUT IT BACK TOGETHER. AND YET I KNOW WHEN I THINK
ABOUT US AS SISTERS WE SHARED
A VERY VERY SPECIAL BOND WE USED TO CHAT AND SHARE OUR MOST SPECIAL
MEMORIES, CHAT ABOUT OUR CHILDREN
ABOUT OUR GRANDKIDS FAMLIES AND FRIENDSHIPS.
YOU HAD A SENSE OF HUMOUR AND EXPRESSIONS THAT WE WOULD LAUGH ABOUT LONG
AFTER I HAD PUT THE PHONE
DOWN FROM CHATTING WITH YOU. YOU WERE BLESSED WITH SO MANY GOD GIVEN
TALENTS THAT WHATEVER YOU
SET YOUR HAND TO DO AND MAKE IT WAS BEAUTIFUL AND PERFECTLY CREATED WHETHER
IT WAS A CAKE YOU BAKED,
YOUR DELICOUS FOOD YOU COOKED, YOUR HOSPITALITY AND LOVE, YOUR KINDNESS AND
CARING,
YOUR FRIENDSHIP AND LOVE AND COMPASSIONATE HEART FOR SO MANY PEOPLE THAT
LOVED YOU AND KNEW YOU.
MY SUS PAT THANKYOU FOR THE SPECIAL GENTLE KIND AND AMAZING FRIEND AND SISTER
YOU WERE TO ME AND LEN, OUR CHILDREN
AND GRANDCHILDREN LOVED AUNTY PAT, THE MEMORIES OF YOU WILL ALWAYS BE IN
OUR LIVES AND KEPT DEEP INSIDE OUR HEARTS.
MEMORIES ARE TREASURES THAT CANNOT EVER BE FORGOTTEN BUT WILL LIVE ON
FOREVER.
WE LOOK FORWARD TO WHEN WE SEE YOU AGAIN WAITING WITH ANTHEA AND ALL OUR
LOVED ONES FOR US TO ALL BE TOGETHER PRAISING AND SINGING AND
REJOICING WITH JESUS FOREVER AND EVER MY SUS. I KNOW YOU ARE DANCING WITH
THE ANGELS WITH PEACE AND JOY
AND BEEN HELD BY OUR FATHER GOD FOREVER AND ETERNITY CLOSE TO HIS HEART.
AND WHEN OUR TEARS FALL LONGING TO HEAR YOUR VOICE MISSING YOU JUST WHISPER
OUR NAMES TO FATHER GOD THAT WILL BE OUR COMFORTER.
GOD HAS SET YOU FREE TO LIVE IN PERFECT PEACE FOREVER AND EVER. YOU WILL
REMAIN IN OUR HEARTS FOREVER AND TREASURE EVERY MEMORY OF YOU OUR SISTER.
GO REST IN PEACE OUR SISTER . I WILL LOVE YOU FOREVER AND EVER AND NEVER FORGET
OUR SPECIAL LOVE AS SISTERS.
My liefling vrou.
Ons het ‘n reis van 40 jaar saam beleef. Jy was ‘n onvergelykbare wondergawe aan my direk uit die
hand van GOD. (God het geweet ek gaan ‘n ystervrou nodig he om my te vergesel op die reis)
Deur dik en dun, goed en sleg,arm en... moreMy liefling vrou.
Ons het ‘n reis van 40 jaar saam beleef. Jy was ‘n onvergelykbare wondergawe aan my direk uit die
hand van GOD. (God het geweet ek gaan ‘n ystervrou nodig he om my te vergesel op die reis)
Deur dik en dun, goed en sleg,arm en welvarend het jy onwankelbaar aan my sy gestap. Wanneer ek
tekort geskiet het het jy my aangevul, wanneer ek gestruikel het het jy my opgehelp, wanneer ek
gefaal het het jy vir my in die bres getree. Wanneer ek nie die moed of vermoee gehad het om voor
te loop nie het jy die leisels gevat en ekstra hard voor getrek. Jy het my hart, verstand, siel en gees
en my hele wese volgemaak en van my ‘n beter mens gemaak deur jou onvoorwaardelike liefde,
hulp en bystand. Jy was die een ware liefde van my lewe en jy was my lig, my kompas en my
absolute sielsgenoot.
Ouma, jy was ‘n vrou van FORMAAT en al los jy ‘n fisiese leemte in my wat niemand ooit weer kan
vul nie sal jy in my gedagtes, hart, siel en gees altyd leef solank daar asem in my is.
Ek mis jou my BABES!
Ma, Ouma Pat, waar kry ons vandag die woorde om te beskryf hoe ons voel. Ons kom met swaar gemoede en seer harte om afskeid te neem van een van die spesiaalste engele wat God op hierdie aarde geplaas het. ñ Vrou wat soveel liefde gehad het vir haar... moreMa, Ouma Pat, waar kry ons vandag die woorde om te beskryf hoe ons voel. Ons kom met swaar gemoede en seer harte om afskeid te neem van een van die spesiaalste engele wat God op hierdie aarde geplaas het. ñ Vrou wat soveel liefde gehad het vir haar kinders, klein kinders en almal rondom haar. Dankie vir alles wat ma vir ons almal beteken het. Ons sal altyd onthou hoe Ma en Andrè se huis 'n huis was vir soveel hawelose mense. Julle huis was altyd oop vir almal en daar was altyd kos vir almal. Ma was almal se " go to" persoon en het almal altyd ekstra spesiaal laat voel.
Ons besef God het ma nodig gehad en nou is ma op die mooiste plek moontlik. Al is ons harte seer, berus ons daarin dat ons ma eendag weer sal sien. Ons gaan ma baie mis en ons sal ma Altyd lief hê.
Al ons liefde
Arché, Rósalie, Handré, Nikolai, Phillip, Ané & Zioné less
My ougirl !
Dankie dat oumie 17 jaar lank my so so gelukkig gemaak het ! Dankie dat ouma altyd raad gegee het of dit nou goed of sleg was🤣🤣 en my ALTYD uit die moeilikheid uit gehou het . Dankie dat ons family fights begin het al doen ons niks... moreMy ougirl !
Dankie dat oumie 17 jaar lank my so so gelukkig gemaak het ! Dankie dat ouma altyd raad gegee het of dit nou goed of sleg was🤣🤣 en my ALTYD uit die moeilikheid uit gehou het . Dankie dat ons family fights begin het al doen ons niks nie (ons was maar net goed soos dit)🤣 dankie dat ek altyd op ouma se skoot kon sit en net my hart uit kon praat ..
Ek onthou ons eie besigheid "Bibber boutique" waar ouma serpies gebrei het en ek al die geld gespend het sodra ons dit kry ! Of hoe ouma by ELKE entrepreneurs dag was en heeldag gesit het terwyl ek tussen die stalletjies rondloop en al die geld wat ons maak te spend 🤣
Ek gaan dit mis om ouma se valstande in my mond te sit en vir Optel die hele huis vol jaag ! Of op ouma se skoot te sit en ouma te merk soos die honde oupa se wielle merk .
My sonskyn mens . Ouma was my heel favorite maaitjie , dankie vir al die geluk wat ouma gebring het , dankie vir die goeie voorbeeld wat oumie was ! Ek sal ouma altyd ALTYD in my hart dra . My liefste ougirl ! Ek gaan ouma mis .
Patricia...ek ken jou van skooldae afek het do baie van jou geleer hoe om met almal klaar te kom en altyd iets mooi te se van almal selfs die wzt jou nie mooi behandel het nie what a pure soal....😢 gaan jou mis jy het my altyd so spesiaal laat voel jy... morePatricia...ek ken jou van skooldae afek het do baie van jou geleer hoe om met almal klaar te kom en altyd iets mooi te se van almal selfs die wzt jou nie mooi behandel het nie what a pure soal....😢 gaan jou mis jy het my altyd so spesiaal laat voel jy het my siel gevoed gaan jou baie mis.. vernaam ons gesels op ons fone net om bietjie te kon gesels oor ons families rus in vrede my dierbare vriendin
- Isobel xx❤️ less